SASS/NHN: Godsdiens: ’n Sielkundige Kruk, Kuur of Krankheid? (Dr. Deon van Zyl)
Details
After meetings and discussions with the executive committee of SASS (South African Secular Society) and the NHN (Nuwe Herforming Netwerk), we have collectively decided and agreed both parties have overlapping interests. In an effort to grant more exposure to a wider audience and network SASS will also promote NHN events from time to time and vice versa.
“Godsdiens: ’n Sielkundige Kruk, Kuur of Krankheid?” (Dr. Deon van Zyl)
October 28 @ 09:00 - 11:00
Midrand
Meer oor die NHN:
Ons is ‘n netwerk van kreatiewe denkers wat vrylik gesels oor ons soeke na sin, mekaar met idees stimuleer en inspireer en hierdie lewe in die ‘nou’ as ‘n kosbaarheid uitleef. Hier gesels ons graag, maar ons luister ook graag na mekaar. Dit bring mee dat enigiemand sy of haar lewensvraagstukke in ‘n veilige omgewing kan deel.
Midrandbyeenkomste vind elke tweede Sondag vanaf 9.30 tot ±11.00 plaas. Deskundiges gee lesings oor interessante en relevante onderwerpe en agterna het die gehoor geleentheid om aan die bespreking deel te neem.
Die byeenkomste dien as ‘n forum ter bevordering van oop gesprek vir soekers na eietydse sin. Enige een wat behoefte het aan oop, informele, alternatiewe gesprek, sonder vooropgestelde aannames, is welkom. Tee, koffie en gesellige samesyn vanaf 9.00.
Fokusareas:
Religie
Ons verstaan en verwoording van die Misterieuse
Die Kosmos
Herkoms en Toekoms; Evolusie en Ekologie
Die Samelewing
Sosiale, Politieke en Ekonomiese kwessies
Die Individu
Persoonlike verryking en groei Hoe werk my kop?
http://www.nuwe-hervorming.co.za/komende-gebeure/
SASS and NHN has no official affiliation with each other, however, due to the shared interests and views in and on various topics, and reaching a wider demographic, both parties have agreed to promote and assist each other.
